Heinz Winckler word pa
2010-05-23 11:57
Kaapstad - Heinz Winckler en sy vrou, Alette, se eersteling is Sondagoggend gebore.
Volgens 'n boodskap wat Suid-Afrikaanse se eerste Idols-wenner op Twitter geplaas het, is Lian Theo Winckler Sondagoggend 07:25 gebore. Hy het 4.12kg geweeg en is 54 cm lank.
Winckler sê op Twitter: "[Die baba is] Baie gesond en pragtig! Loof God! Dit gaan goed met ma, sy's 'n regte rock-ster en het dit op die natuurlike manier gedoen. Ons is baie geseënd!"
- Nuus24