Heigl roep Grey’s vaarwel
2010-03-26 04:46
Los Angeles – Die akrise, Katherine Heigl is ná ses seisoene vir eers klaar met Grey’s Anatomy.
ABC het Woensdag gesê dat Heigl se laaste verskyning in die mediese drama op 21 Januarie was, vier maande voor die program in Mei tot ‘n einde kom.
Volgens ABC het Heigl haar karakter as Dr. Izzie beeïndig deur ‘n gemeenskaplike ooreenkoms.
Sy het glo aan Entertainment Weekly gesê dat sy gevra het om 18 maande vroeër klaar te maak weens haar nuwe rol as ma vir ‘n aangenome dogter. Die 31-jarige aktrise is getroud met die sanger- en liedjieskrywer, Josh Kelley.
- AP