Heigl glo van Grey’s geskop
2010-03-13 04:18
Los Angeles - Katherine Heigl was nêrens te siene op die stel van die gewilde televisiereeks Grey’s Anatomy, op die eerste dag van haar terugkeer ná haar kraamverlof nie.
Baie soos haar karakter dr. Izzie Stevens, wat tans vermis is, het Heigl spoorloos verdwyn toe sy veronderstel was om op die stel van dié reeks te wees.
Heigl (31) moes op 1 Maart vanjaar haar terugkeer ná Greys’ Anatomy maak. Nadat sy nie opgedaag het nie doen gerugte die ronde dat sy permanent uit dié reeks geskop is.
Lees hier meer.