Harry en Chelsy uit?
2010-06-21 12:11
Londen - Prins Harry se verhouding met Chelsy Davy is aan flarde ná sy aangekondig het dat sy na Afrika en haar gesin wil terugkeer.
Davy, wat in Zimbabwe gebore is, het twee jaar gelede na Engeland verhuis om haar ses jaar lange verhouding met die prins te versterk.
Maar ten spyte van die feit dat sy vriende by die universiteit gemaak en 'n werk by 'n vooraanstaande regsfirma aangebied is, het die 24-jarige blondine gesê sy mis haar huis te veel.
Bronne na aan die koninklike gesin het gesê die paartjie is nog saam en "het nog nie uitgemaak nie".
Vriende meen egter Davy se besluit het dinge tot 'n punt gebring.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter