Harry Potter-naam net vir sy eie staf bedoel
2010-08-19 10:20
Los Angeles - ‘n Mens sou dink dit sal Daniel Radcliffe se ego goed doen wanneer ‘n kondoom-vervaardiger na sy Harry Potter-karakter vernoem word, maar ongelukkig stem Warner Bros. nie saam nie, berig E!Online.
Die Sweedse kondoom-vervaardiger Harry Popper word glo deur Warner Bros.-ateljees gedagvaar vir kopieregskendings.
Blykbaar is Warner Bros. bekommerd oor die beeld wat met Harry geassosieer sal word, veral met die nuwe Harry Potter-fliek wat later vanjaar uitgereik word.
Die illustrasie by die onderneming se kenteken doen nie veel om die verwantskap te onderspeel nie – die illustrasie is bloot ‘n kondoom wat ‘n toorstokkie swaai en ‘n groot bril met ronde lense dra.
Lees meer by E!Online.