Happy Gilmore-aktrise sterf
2011-09-19 12:06
Los Angeles – Frances Bay, wat die rol van Adam Sandler se ouma in die film Happy Gilmore gespeel het, het in die ouderdom van 92 gesterf.
Volgens ‘n familielid het Bay Donderdag by ‘n hospitaal in Los Angeles gesterf nadat longontsteking by haar gediagnoseer is.
Bay het voor die tweede wêreldoorlog as ‘n radio-aktrise gewerk en in die 1970’s haar terugkeer na die silwerdoek gemaak.
Sy was onder andere in televisiereekse soos Happy Days, The Jeffersons, The Dukes of Hazzard en Who's the Boss? te sien.
Bay het ook in films soos Blue Velvet en Wild at Heart verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP