Halle Berry se bekruiper kán vervolg word
2011-10-18 09:06
Los Angeles – ‘n Regter het Maandag beveel dat ‘n man wat daarvan aangekla is dat hy Halle Berry agtervolg, verhoor moet word.
Dít kom nadat Richard A. Franco vroeër vanjaar herhaaldelik op die aktrise se eiendom betrap is.
Regter Melissa Widdifield het dié bevinding gemaak nadat twee mense tydens ‘n voorlopige verhoor teen Franco getuig het. Franco het skuld ontken op aanklag van inbraak en agtervolging.
Hy is aangekla nadat die polisie hom in Julie buite Berry se huis in hegtenis geneem het. Franco is drie keer in drie dae op die eiendom gesien.
John Gregozek, speurder by die Los Angeles polisiestasie, het getuig toe Franco gevang word het hy ‘n sleutel na Berry se gastehuis by hom gehad, wat die Oscar-bekroonde aktrise se skoonheidsalon huisves.
Volgens Gregozek het Franco moontlik die sleutel op 10 Julie gesteel toe hy vir ongeveer 20 sekondes binne die huis was. Berry het glo die salon verlaat om na haar kombuis te gaan.
Franco het glo buite Berry se kombuisdeur gestaan toe sy hom raakgesien het en die deur gesluit en die polisie gebel het.
Berry het nie die verhoor bygewoon nie, maar Gregozek het vir die regter gesê die aktrise is steeds bang vir Franco.
Die volgende aand, nadat Berry ‘n sekerheidsbeampte gehuur het, is Franco gesien waar hy oor die aktrise se hek.
Joseph Vach, ‘n afgetrede patrolliebeampte van Kalifornië, het as ‘n privaatsekuriteitsbeampte gewerk en gehelp om Franco in hegtenis te neem.
Franco sal in die tronk bly. Hy moet op 31 Oktober weer in die hof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP