Halle Berry kies kind bo film
2011-02-01 17:00
Los Angeles - Die aktrise Halle Berry het van ‘n film-projek onttrek sodat sy vir toesig oor haar
dogter kan veg.
Halle se woordvoerder het gesê dat sy in New York aan die fliek, New Year’s
Eve, sou werk, maar dat sy haar rol laat vaar het sodat sy eers haar persoonlike sake
agter mekaar kan kry.
Nahla, Halle se dogter saam met haar vorige kêrel, Gabriel Aubry, word in Maart drie.
- Vir die volledige storie besoek Times Live.
- Volg Nuus24 op
Twitter.