Halle Berry en haar eks in Kaapstad
2010-07-27 08:12
Kaapstad – Halle Berry en haar gewese kêrel, Gabriel Aubry het in Kaapstad aangekom en huur glo ‘n groot huis waarin hulle saam met hul dogter Nahla woon.
Alhoewel hul romantiese verhouding ‘n paar maande gelede beeïndig is, wil dit voorkom of die paartjie saambly vir hul dogter se onthalwe.
Berry en Aubry het Dinsdag saam met hul dogter in Suid-Afrika aangekom, en sal vir die volgende drie maande hier bly terwyl die aktrise aan die rolprent, Dark Tide gaan werk.
Aubry het glo ingestem om Berry te vergesel omdat hy nie drie maande weg van hul dogter wou spandeer nie.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.