Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Haar lewe is soos Oz, sê Clarkson

2010-03-12 09:00
Tweets Share Share line Print

Marzahn Botha, Beeld.

Kelly Brianne Clarkson (27) kom ingestap met ’n lang rooi kapsel. En die kleurryke klere op haar nuutste album het sy verruil vir ’n gewone swart bloes en broek met ’n pienk hempie wat gesig wys.

“Hoe gaan dit met almal?” vra sy vriendelik met ’n sterk Texas-aksent, en die fotograwe lê aan vir foto’s van haar.

“Oukei, dis genoeg, ek haat foto’s,” sê ’n beskeie Clarkson terwyl sy verder komplimente aan almal in die vertrek uitdeel.

En haar nederigheid is seker een van haar beste eienskappe. As die variasie in haar sangstem jou nie lankal reeds ’n aanhanger gemaak het nie.

“Ek is maar ’n gewone meisie van Texas. Ek probeer sover moontlik die paparazzi vermy, en wil daarom nie graag in New York gaan bly nie.

Gelukkig kry ek dit reg om uit die geelpers te bly, en verkies ek dit so,” sê Clarkson, wat volgens ’n vervaardiger beskou word as die “Lance Armstrong van vokale akkoorde”.

Hierdie meisie wat as die beste American Idol gereken word se musiek het organies ontwikkel sedert haar vroeë dae as American Idol-wenner.

“Deesdae word ek nogal baie deur die ’80’s beïnvloed. Gelukkig kan ek tussen verskillende musiekstyle beweeg, maar ek verkies steeds pop. Jy sal my nooit hoor ’n rap-album doen nie,” skerts sy.

“Dis liedjies soos Since you’ve been gone (op die Breakaway-album) en Already gone (op haar vierde en nuutste album, All I Ever Wonder) waar die tema van verhoudings onder Clarkson se vergrootglas kom.

“Dit mag dalk klink of ek iemand soek, maar nie regtig nie. Ek is so besig dat ek nie tyd het om te soek na die regte een nie.
 
Maar ja, die lewe gaan oor verhoudings. En ek is ’n vrou wat graag lirieke sing en skryf vir die sterk vrou wat weet wat sy wil hê – die vrou wat haarself bemagtig.”

Clarkson laat ’n paar verrassings vir vanaand se konsert, maar verklap sy gaan ’n verwerking van Alanis Morissette se That I Would Be Good en Kings of Leon se Use Somebody en nog ’n gewilde snit in Suid-Afrika, Long Shot, sing.

“Alanis is nog altyd ’n groot inspirasie vir my. En Kings of Leon se Use Somebody het seker die mooiste lirieke denkbaar. So, dit het heel natuurlik gekom om hierdie liedjies te mash.”

Dié rooikop het al baie style gehad. Met haar nuutste CD het sy ’n kleurvolle glam-rock-/pop-styl – ’n gewilde styl, veral onder die jeug.

“Ek is eerlik as ek sê dat my musiek vir my belangriker is as my klere.

“Ek is nie so lief vir klere nie, en sal waarskynlik op die modeblaaie die een wees waarby staan ‘what not to wear’,” spot sy met haarself.

Tog is sy trots op haar tien klein tatoeëermerke.

“My nuutste toevoeging is die puzzle wat soos die yellow-brick road van Oz lyk. My lewe is soos Oz; dis weird en terselfdertyd interessant.”

En ’n brokkie inligting vir diegene wat vanaand by die konsert gaan wees: Clarkson het ’n ritueel. “Ek en my band sal mekaar se vuiste slaan en ons sal bid.”

Dis Clarkson se eerste keer in Suid-Afrika, hoewel sy Afrika al besoek het toe sy in Egipte was.

“Een van my goeie vriende in Amerika het in Suid-Afrika grootgeword. So, sy het my al ’n bietjie van die land vertel, en ek het gister huise geverf.

“Dan weet ek mos van ‘safari’, en wil ek graag daardie plek gaan sien waar die twee oseane (Kaappunt) ontmoet.”

Dis ook in Afrika waar Clarkson reeds 185 000 eksemplare van haar vier albums verkoop het.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak  |  bekendes
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.