Gys praat oor Survivor
2010-03-19 15:44
Kaapstad - Op 49 was Gys de Villiers die oudste deelnemer aan Survivor: Santa Carolina. Hy is weer terug in die beskawing nadat hy sand in vele van die jongelinge se oë geskop het en gesels met Huisgenoot by sy houthuis in Knysna oor Survivor.
“Niemand weet wie wen nie,” is al wat hy oor die uitslag van die oorlewingstryd verklap. “En soos jy kan sien, het ek survive!”
De Villiers meen hy was die vaderfiguur, die een wat hom oor die ander ontferm het en met wie almal kon kom praat.
"Daar was wel mense wat gemeen het: ‘Jy’s ’n akteur, hoe kan ons jou glo?’," vertel hy.
Lees hier meer.