Gwyneth se kookboek- én maerbly-geheime
2011-06-09 17:40
Los Angeles - Gwyneth Paltrow het pas haar eerste kookboek, My father’s daughter, bekendgestel.
Bekendes soos Jay-Z, Beyoncé en Martha Stewart, Amerika se gunsteling-tuisteskepper en kombuis-koningin, het die geleenteid bygewoon.
Die boek, My father’s daughter, is vol gesonde resepte, maar maak voorsiening vir diegene met 'n soettand ook. Die boek is opgedra aan haar pa, wat in 2002 oorlede is.
“Ek eet in die algemeen baie gesond, maar indien ek dalk ’n bietjie oorboord gaan, sny ek net brood, aartappels en pasta uit tot ek weer tevrede is. As ek in ’n kort tyd gewig moet verloor, drink ek groen sappe en eet ek net slaai."
Gwyneth begin eersdaags werk aan Steven Spielberg se nuwe film, Contagion, wat handel oor ’n internasionale span dokters wat die verspreiding van ’n dodelike siekte probeer keer. Ander sterre wat daarin te sien sal wees, is Matt Damon, Kate Winslet en Jude Law.
- Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.