Gwyneth se kinders dink sy is ‘n bekende sangeres
2010-12-20 18:54
Die aktrise Gwyneth Paltrow se kinders dink sy is ‘n bekende sangeres.
Die Oscar-bekroonde aktrise wat met die hoofsanger van Coldplay, Chris Martin, getroud is, sê haar sesjarige dogter Apple en vierjarige seun Moses het geen idee dat sy eintlik ‘n aktrise is nie.
“My kinders dink ek is ‘n musikant nadat ek vir ‘n jaar moes leer om die kitaar te bespeel en ook my stem bietjie geoefen het vir my rol as die musikant, Kelly Canter, in die nuwe rolprent Country Strong.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.