Paltrow gaan haar kinders Joods grootmaak
2011-07-20 21:22
Los Angeles – Gwyneth Paltrow het onthul sy gaan haar en haar man, die Coldplay-sanger Steve Martin, se kinders, Apple (7) en Moses (5), Joods grootmaak.
Sy het dié onthulling op die televisieprogram Who Do You Think You Are op die televisienetwerk CBS gemaak.
Die program, wat oor afkoms handel, het glo ontdek Paltrow is ‘n afstammeling van verskeie Oos-Europese rabbi’s, berig The Daily Mail.
Alhoewel sy lank reeds Kabbala praktiseer, het Paltrow tot dusver in die openbaar neutraal oor die godsdiens in haar en Martin, met sy Christelike agtergrond, se huis gebly.
“Ek glo nie in godsdiens nie,” het Paltrow gesê. “Ek glo in geestelikheid.”
“Godsdiens veroorsaak al die wêreld se probleme,” het sy bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.