Groter trop Heuwels pak Wilder as die Wildtuin

2011-06-30 07:29
Tweets Share Share line Print

Die Heuwels Fantasties bestaan uit Hunter Kennedy, Philip Erasmus, Pierre Greeff en Fred den Hartog. (Foto: Casey Crafford)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Philip Erasmus en Fred den Hartog, beter bekend as die ouens van Die Heuwels Fantasties, het in Maart hulle tweede album, Wilder as die Wildtuin, bekend gestel.

Die album het ook geskiedenis gemaak toe Fritz Klaaste in April op RSG bekend gemaak het dat Die Heuwels Fantasties die eerste Afrikaanse rockgroep is om die nommer een-posisie te beklee op SAUK se Top 20-verkoperslys. Hierdie lys is reeds 40 jaar oud, wat die prestasie vir hulle ekstra spesiaal gemaak het.

Hulle het hierdie album ietwat anders aangepak as die vorige een, het Pierre tydens ‘n onderhoud by Rick’s Café in Kaapstad aan Nuus24 gesê.

“Die album is as ‘n band in ‘n ateljee opgeneem en dit is maar die ooglopende verskil tussen dié een en die vorige een. Die vorige album het ek en Hunter  geskryf op akoestiese kitare en toe na Johnny (de Ridder) gevat, wat dit verder in die ateljee vervaardig het.

Hierdie keer het ons twee ekstra band members gehad. ‘n Voltydse trom- en kitaarspeler in Philip en Fred, en Johnny het steeds die vervaardiging behartig na die tyd,” het Pierre gesê.

As jy die CD-boekie oopmaak, kom jy interessante prentjies van diere teë.

“Die konsep van die album cover was wilder as die wildtuin. Ons het net ‘n klomp random goeters vir die grafiese ontwerper gesê. Die concrete jungle tipe ding.  So... hy het diere daarop gesit, maar in ‘n stad,” het Hunter gesê.

“Ons het vir hom gesê hy moet dit teken en dis wat dit so cool maak, dink ek.”



Net soos op hulle vorige album het hulle dié keer saam met ‘n paar ander musikante gewerk. Coenie de Villiers is een van hulle.

Pierre reken dit was eintlik heel toevallig dat hulle saam met Coenie gewerk het.

“Ons was op Kwêla, sy geselsprogram, tydens die promosiefase van ons vorige CD. Hy het na die program vir ons gesê hy is ‘n fan. Ons sê toe half grapperig dit sal lekker wees om saam met hom te werk en hy het gedink dis ‘n goeie idee,” het Pierre verduidelik.

“Ons het toe ‘n stukkie musiek geskryf, maar net die koor-gedeelte van Wonder Bo Wonder, en dit vir hom gestuur en hy het daarvan gehou. En ja, siedaar. Hy het die verse geskryf en ons het dit saam vervaardig.  Dit is die storie.”




Vir Hunter was dit opwindend om saam met iemand te werk wat gesien word as ‘n “vorige-generasie-musikant”.

“Ondanks die ouderdomsverskil is dit lekker om te sien ‘n mens kom oor die weg as gevolg van musiek,” het hy gesê.

Dit is vir hulle moeilik om te sê of daar iemand is saam met wie hulle nié sal wil werk nie.

“Miskien saam met Robbie Wessels sal ek eendag nog graag wil werk,” het Fred gesê.

“Of Bob Dylan,” was Philip se bydrae.

Weens die sukses van hulle musiek word hulle uiteraard herken as hulle in die strate rondloop.

Pierre vind dit egter nie so erg as mense hom herken terwyl hy in ‘n kroeg kuier saam met sy vriende nie.



“Dit is maar deel van musikant wees. As jy wil hê mense moet moontlik na jou musiek luister, moet jy bereid wees om in die public eye te beweeg. En ons doen dit.

Dit is nie so erg hier soos in ander plekke nie. Ons kry nie kameras wat in ons gesigte gedruk word en sulke goed nie. Mense is gewoonlik baie hoflik en vra dalk vir ‘n handtekening of ‘n foto,” het hy gesê.

Tussen Innibos, Oppikoppi en Skouspel het hulle ‘n reeds besige tydjie wat voorlê, maar dis nie al wat hulle nog hierdie jaar gaan doen nie.

“Ons beplan 'n akoestiese opname en 'n gepaardgaande teaterproduksie en moontlik ‘n DVD ook. Leka,” het Pierre gesê.



- Volg Die Heuwels Fantasties op Twitter en Facebook.

- Volg vir Pierre Greeff op Facebook.

- Besoek Die Heuwels Fantasties se webtuiste vir meer oor hulle.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.