Grompot Randall kry meeste stemme van Idols se top-10

2010-09-05 13:07
Tweets Share Share line Print

Rapport

Johannesburg - Randall Abrahams, Idols se mees ondiplomatiese beoordelaar, is die gewildste onder die program se toptien deelnemers.

Die grompot se reguit antwoorde blyk van groot waarde vir die deelnemers te wees.

Rapport het die afgelope week die luukse Idols-huis in Northcliff, Johannesburg, besoek waar die room van die kompetisie tuisgaan.

Vyf van van hulle – Jess Yallup, Sindi Nene, Lloyd Cele, Jamie-Lee Sexton en Bongi Mthombeni – het gesê dat as hulle ’n gunsteling-beoordelaar moes kies, dit Randall sal wees. “Hy gee eerlike, opbouende kommentaar wat ek gebruik om my sterk te maak. Ek vertrou sy oordeel,” sê Bongi.

Volgens Sindi draai hy nie doekies om nie en is sy kennis van musiek ongelooflik.

Boki Ntisme, Pieter West, Gail Nkoane en Adeline Mocke se stem gaan aan Gareth Cliff. “Hy stel jou op jou gemak en het ’n gemak­like manier waarop hy oorkom,” sê Pieter.

Gail beskryf hom as oopkop en iemand wat nie sommer negatiewe kommentaar sal gee nie.

Mara Louw se een stem kom van Elvis Blue. “Sy hou altyd van my,” lag hy.

Vir die deelnemers is die verblyf in die paleis van ’n huis en die hele Idols-ondervinding iets wat hulle nooit sal vergeet nie.

“Ons word baie bederf en eet soos konings – ek voel klaar ’n bietjie knap in my hempies,” spot Pieter.

Die twee getroude manne – Lloyd en Elvis Blue – mis net elkeen hul vrou en kind geweldig baie.

“Alles waardeur ek nou gaan, is die moeite werd, want ek doen dit vir my vrou, Janice, en my seuntjie, Levi,” sê Lloyd. “Ná Idols gaan ek beslis eers baie tyd saam met hulle deurbring voordat ek verder op my musiekloopbaan fokus.”

Elvis Blue erken hy kon nie die trane keer nie toe sy vrou, Chireze, vir hom ’n video stuur van sy agt maande ou dogtertjie, Lila, waar sy begin praat het.

“Haar eerste woord wat sy gesê het, was ‘Pappa’. Ek kon nie help om ’n bietjie te huil nie en ek het oor en oor na die video gekyk.

“Vandat ek in die Idols-huis is, is Skype my beste vriend. Lila klim omtrent binne-in die rekenaar as ek met my vrou gesels,” vertel dié rocker van George.

* Pierre Cloete, kanaalhoof van M-Net, sê dié sesde reeks van Idols is M-Net se grootste tot nog toe. Hy skryf dit grootliks toe aan die talent wat kykers tans sien en hoor.

“Ons getal geldige stemme is ook baie meer as in die verlede, juis omdat spelfoute met deelnemers se name uitgeskakel word.”

Kykers stem nou volgens elke deelnemer se nommer en hoef nie meer ’n naam per SMS te stuur nie.

- Rapport

Lees meer oor: vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.