Grey's-ster 'n mamma
2009-09-24 03:13
New York - Die Grey's Anatomy-ster Ellen Pompeo en haar musiekvervaardiger-man, Chris Ivery, het 'n dogtertjie in die wêreld verwelkom.
Pompeo se verteenwoordiger, Amanda Silverman, het gesê Stella Luna Pompeo Ivery is op 15 September gebore. Geen ander besonderhede is beskikbaar nie.
Dit is dié paartjie wat in 2007 getroud is, se eerste pienkvoet.
Die 39-jarige aktrise vertolk die rol van dr. Meredith Grey in die ABC-reeks.
– Sapa-AP