Grey's-aktrise neem kind aan
2009-09-10 13:36
Los Angeles - Die Amerikaanse aktrise Katherine Heigl en haar man, die musikant Josh Kelley, gaan dogtertjie van Korea aanneem.
Heigl se aangenome suster, Meg, is ook van Korea.
RadarOnline.com het Woensdag berig dat die dogtertjie, Nayleigh, sowat 10 maande oud is.
Die 30-jarige Heigl het verlede week verlof geneem van die Grey's Anatomy-stel om die film Life As We Know It te maak. Sy sal in November na die stel terugkeer.
Sy was ook in flieks soos Knocked Up en 27 Dresses te sien.
Heigl en Kelly is in Desember 2007 getroud.
– Sapa-dpa