Gospel-sanger sterf
2012-02-03 17:35
Londen – Die R&B- en gospel-sanger David Peaston, wat bekend is vir sy liedjies “Two Wrongs (Don't Make it Right)” en “Can I?”, het in die ouderdom van 54 gesterf.
Peaston se niggie Neuka Mitchell sê die ster het Woensdag weens komplikasies van diabetes gesterf.
Die musikant, wat ‘n string treffers in die laat 80’s en vroeë negentigerjare gehad het, se familie was ook suksesvolle sangers.
Sy ma, Martha Bass, het saam met die Clara Ward-sangers gesing en sy suster, Fontella Bass, het ‘n trefferliedjie in 1965 gehad, het die BBC berig.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter