Golden Globe-eer vir twee rolprente oor SA

2009-12-16 10:37
Tweets Share Share line Print

Beverly Hills. – Morgan Freeman het Maandag ’n Golden Globe-benoeming as beste akteur ontvang vir sy vertolking van pres. Nelson Mandela in die rolprent Invictus.

Dié drama handel oor Suid-Afrika se triomf in 1995 se Wêreldbeker-rugbytoernooi en die versoenende rol wat sport gespeel destyds het.

Clint Eastwood is ook in die kategorie beste regisseur benoem vir sy regie van dié fliek en die akteur Matt Damon, wat die rol van Francois Pienaar vertolk, is benoem as beste byspeler.

Die wetenskapfiksiefliek District 9, wat in Suid-Afrika vervaardig is, is benoem in die kategorie beste draaiboek.

Die rolprent wat die meeste benoemings gekry het, is Up in the Air met George Clooney as ’n man wat ’n bestaan maak uit die afdanking van mense.

Dit het ses benoemings gekry, waaronder dié vir beste drama.

Die Golden Globes word op 17 Januarie deur die Hollywood Foreign Press Association toegeken.

Ander benoemdes vir beste akteur in ’n drama is Clooney, wie se karakter in Up in the Air gedwing word om sy lewe in oënskou te neem, Jeff Bridges as ’n verloopte country-sanger in Crazy Heart, Colin Firth as ’n man wat selfmoord oorweeg in A Single Man en Tobey Maguire in Brothers.

Benoemings vir beste aktrise in ’n drama is Sandra Bullock vir die voetbalfliek The Blind Side, die veteraan-aktrise Helen Mirren vir The Last Station, Emily Blunt in The Young Victoria, Carey Mulligan vir An Education en die nuweling Gabourey Sidibe in Precious: Based on the Novel Push By Sapphire.

- Reuters

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: toekennings  |  films  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.