Golden Circle uitverkoop vir Usher-vertoning
2012-02-06 14:00
Johannesburg – Met weke voor die Grammy-bekroonde sanger Usher in die Orlando-stadion in Johannesburg optree, het aanhangers al die Golden Circle-kaartjies vir die Hansa Festival of Legends opgeraap.
Kaartjies is steeds beskikbaar in al die ander kategorieë vir die fees wat op 10 Maart gehou word.
"Ons sien sterk ondersteuning van musiekaanhangers in en om Gauteng, maar kaartjieverkope kom uit al die uithoeke van Suid-Afrika, insluitend Durban, Kaapstad en Port Elizabeth," het John Langford, woordvoerder van Big Concerts, gesê.
Feesgangers is ook gewaarsku om kaartjies direk by Computicket te koop.
– Channel24
– Volg Nuus24 op Twitter