Goedkoop betaaltelevisie byna hier

2010-01-14 09:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Betaaltelevisie in Suid-Afrika kos oor minder as drie maande net R99.

Satelliettelevisie in die land, wat verlede jaar met rasse skrede gegroei het weens goedkoper opsies deur MultiChoice se DStv-platform soos DStv Compact, behoort vanjaar selfs vinniger te groei wanneer uitsendings van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie en die toetrede van On Digital Media (ODM) voornemende intekenare sal oorreed om betaaltelevisie te kry.

ODM het bevestig dat die satelliettelevisie-operateur in Mei begin uitsaai en dat die goedkoopste pakket net R99 per maand vir 30 TV-kanale sal kos.

Dit sal goedkoper wees as DStv Compact wat R219 per maand kos en Vodacom se DStv Select wat R148 per maand kos. ODM-intekenare sal hul DStv-skottel kan gebruik, hoewel dit effens geskuif sal moet word.

Intekenare sal ook op meer as die basiese aantal TV-kanale kan inteken, wat hul maandelikse ODM-intekenaargeld tot R249 kan opstoot.

Slegte nuus vir kykers na gratis TV-kanale, soos die SAUK en e.tv, is dat hulle nou nog langer sal moet wag om internasionale TV-reekse te sien. ODM beplan nie om direk met MultiChoice mee te ding nie, maar om eerder in die “tweede uitsaaigleuf’’ vir betaaltelevisie-uitsaaiers te fokus – iets wat nog nie voorheen in Suid-Afrika bestaan het nie.

MultiChoice se DStv en M-Net sal steeds baie duur bly betaal om die beste TV-materiaal eksklusief eerste op televisie uit te saai voordat die SAUK en e.tv daartoe toegang kry omdat die openbare uitsaaiers nie bereid is om so baie te betaal nie.

ODM wil nou gaan vir die middelmark waar die internasionale reekse nie eerste uitgesaai word nie, maar darem genoeg betaal vir die uitsaairegte om dit in ’n tweede betaal-TV-gleuf voor die SAUK en e.tv te wys.

ODM het reeds kontrakte met TV-groepe soos Fox Entertainment en MGM onderteken en is ook besig om sewe plaaslike TV-kanale te skep.

- Beeld

Lees meer oor: televisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Sfeil bultjie om te klim. bewys na twaa;f jaar? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.