Glee-ster se verhouding verbrokkel
2012-02-01 19:01
Los Angeles – Chord Overstreet, wat beter bekend is as Sam Evans in die televisiereeks Glee, en sy meisie, Emma Roberts, is uitmekaar.
“Hulle is net op twee verskillende paadjies in die lewe. Hulle het apart begin gaan en besluit om elkeen hul eie pad te neem,” het ‘n bron na aan die paartjie gesê.
Overstreet (22) en Roberts (20) het nege maande gelede begin uitgaan nadat hulle saam by die Coachella-musiekfees gesien is, het E! News berig.
Roberts is in Scream 4 te sien.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter