Gibson vry van dronkbestuur-klag
2009-10-07 13:25
Los Angeles – ‘n Regter het beslis dat Mel Gibson se berugte dronkbestuur-klag van 2006 geskrap gaan word.
Die uitspraak het Dinsdag gekom nadat sy prokureur versoek het dat die saak geskrap word.
Die akteur het die voorwaardes wat die hof aan hom vir drie jaar gestel het nagekom.
Dit het gevolg op sy inhegtenisname nadat hy dronk bestuur het en neerhalende aanmerkings oor Jode en vroue gemaak het.
Gibson het skuldig gepleit en het ‘n opgeskorte vonnis van drie jaar gekry, moes $1 600 (R12 000) se boetes betaal en moes Alkoholiste Anoniem en ander vergaderings bywoon.
Gibson het herhaaldelik om verskoning gevra oor die neerhalende aanmerkings wat hy oor Jode gemaak het.
- Sapa-AP