Gibson vir ‘n derde keer ondervra
2010-09-03 02:32
Kaapstad – Mel Gibson gaan vir ‘n derde keer deur die polisie ondervra word in verband met bewerings dat sy eksmeisie, Oksana Grigorieva hom afgepers het.
Die 54-jarige akteur wat van huishoudelike geweld beskuldig word, het die bewerings in Julie bekendgemaak toe hy met speurders ontmoet het om hulle te vertel hoe Grigorieva geld uit hom probeer kry het.
Volgens Gibson het Grigorieva, met wie hy ‘n tienmaande oue baba, Lucia het, die videos vrygestel nadat hy geweier het om vir haar geld te gee.
- Volg Nuus24 op Twitter.