Gibson moet miljoene aan eksmeisie uitbetaal
2011-08-31 22:57
Los Angeles – Mel Gibson se rassistiese en seksistiese
uitlatings teenoor sy eks-meisie, Oksana Grigorieva, het tot ‘n hofskikking van
$750 000 (sowat R5,25 miljoen) gelei.
Behalwe vir dié uitbetaling wat in drie
uitbetalings gedoen sal word, sal Gibson ook verantwoordelik wees vir die
onderhoud van hul tweejarige kind, Lucia.
Die voormalige paartjie sal egter voogdyskap
van hul dogter deel.
Verder sal Gibson verantwoordelik bly vir die
betalings op ‘n huis wat hy vir Oksana en sy dogter gekoop het.
Die huis sal verkoop word sodra Lucia 18 is en
die geld van die verkope sal aan haar oorhandig word.
As deel van die skikking mag Oksana
Grigorieva nie met die siviele saak teen Gibson voortgaan nie.
Beide Gibson en Grigorieva is aangesê dat
hulle nie op openbare forums oor hul verhouding of aantygings van huishoudelike
geweld mag praat óf skryf nie.
Regter Peter Lichtman het dit ook duidelik
gemaak dat hulle hoegenaamd nie enige bandopnames van privaat gesprekke mag
publiseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP