Ghoemas weergalm vir Afrikaanse musiek!
2012-01-25 14:30
Kaapstad – Die Ghoema Toekennings, die eerste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek, sal op 11 Maart by Carnival City, Johannesburg plaasvind, het kykNET op hul webwerf berig.
Die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings (Ghoemas) sal die eerste onafhanklike toekenningsgeleentheid in Suid-Afrika wees waartydens kunstenaars, musiekgroepe, musikante en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf vereer word vir buitengewone prestasies oor ’n spesifieke periode.
Die toekennings word vernoem na die outydse Kaapse trom wat deur Maleiers bespeel was.
Die Ghoemas, die inisiatief van toekenningregisseur en vervaardiger Barry Pretorius, word besit deur deur die Ghoema Musiektrust, wat bestaan uit sekere trustee met die jaarlikse wenners van die GHOEMAS as begunstigdes.
– Kliek hier vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter.