'Gewraakte' konsertgeld aan Christa Steyn geskenk

2012-01-27 10:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die organiseerders van 'n geld­insamelingskonsert wat in Stellenbosch vir die siek pianis en liedjieskrywer Christa Steyn gehou is, het Donderdag bevestig dat die res van die opbrengs van die konsert aan Steyn geskenk is.

’n Oorlog het onlangs losgebars nadat daar beweer is Maniac Music, organiseerders van die konsert, het 'n groot hap van die wins van die konsert geneem.

“Ten einde enige misverstande, onduidelikhede en kwetsende beriggewing in die kiem te smoor en uit die weg te ruim, het ek dit gerade geag om sonder erkenning van aanspreeklikheid ex gratia die gewraakte bedrag aan die Christa Steyn Ondersteuningsfonds te skenk," het Rika Vermeulen van Maniac Music in 'n verklaring aan Nuus24 gesê.

“Ek stel hiermee ten sterkste dat ek geensins met duistere motiewe die konsert gereël het met die bedoeling om munt te slaan uit Christa Steyn se huidige siekte nie,” het Vermeulen bygevoeg.

Van die sangers wat in November gratis opgetree het, was woedend toe dit aan die lig gekom het dat slegs ’n derde van die wins aan Steyn gegee is.

Altesaam 37 kunstenaars soos  David Kramer, Valiant Swart, Anton Goosen, Dowwe Dolla en Anna Davel het gratis by die konsert opgetree.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof het die perseel vir die konsert gratis beskikbaar gestel.

Die geld sou aan Steyn geskenk word om te help betaal vir die baie duur kankerbehandeling wat sy ontvang. Sy het borskanker wat reeds na die borsholte en lewer versprei het.

Volgens die amptelike inkomste-en-uitgawestaat wat Vermeulen ná die konsert aan die sangers beskikbaar gestel het, was die bruto inkomste R39 402.

Die wins daaruit was R16 902. Dít is verder verdeel: Maniac Music het R5 648 gevat, nog R5 648,89 is aan Anele du Plessis (ook van Maniac Music) betaal vir “organisasie en verhoogbestuur” en net R6 105 is aan Steyn oorbetaal, het Die Burger vroeër berig.

Dit het intussen ook bekend geword dat Steyn selfs minder as die R6 105 wat ná ’n insamelingskonsert deur Maniac Music aan haar uitbetaal is, ontvang het.

Steyn se seun, Douw Steyn, het Donderdag aan Die Burger gesê hy het gedink die volle opbrengs van die konsert gaan na sy ma.

Hy het daarom vooraf R2 000 in Vermeulen se private bankrekening gedeponeer.

“Ek wou graag my dankbaarheid bewys deur te betaal vir Maniac Music se administratiewe uitgawes, soos telefoon-oproepe.

“As jy my ‘skenking’ van R2 000 bytel, het my ma maar R4 105 gekry,” het hy gesê.

– Nuus24

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: christa steyn  |  bekendes  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.