Gewese Bond-aktrise pleeg glo selfmoord
2011-04-13 15:43
Los Angeles – Angela Scoular, die vrou van die Carry On-ster Leslie Phillips, het gesterf nadat sy chemiese stowwe gedrink het, het Mirror op hul webwerf berig.
Die 65-jarige aktrise wat haar verskyning in twee Bond-films gemaak het, het met dermkanker geworstel.
Die polisie is Maandag omstreeks 01:50 na haar huis in die noordweste van Londen geroep nadat sy glo ‘n aansienlike hoeveelheid vloeistof ingeneem het.
Scoular is na die hospitaal gehaas maar dokters kon haar nie bybring nie.
Sy het in die Britse televisiereeks You Rang, M'Lord?, The Avengers, As Time Goes By, A Countess From Hong Kong, Here We Go Round the Mulberry Bush asook 'n Britse komedie Doctor In Trouble verskyn.
Phillips het gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word.
- Volg Nuus24 op Twitter.