Tronkstraf vir Lohan
2011-11-02 22:54
Los Angeles – Die aktrise Lindsay Lohan is tot 30 dae tronkstraf gevonnis vir die verbreking van haar paroolvoorwaardes.
Regter Stephanie Sauter het Lohan se parool
verlede maand herroep nadat sy herhaaldelik versuim het om haar
gemeenskapsdiens te doen.
Sauter het beslis dat indien Lohan nié op 9
November by die lykshuis opdaag om haar gemeenskapsdiens vóór die einde van
Maart te voltooi nie, sy 270 dae agter tralies sal spandeer.
Daar word ook van Lohan verwag om terapie-sessies
by te woon.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA