Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Gestroopte Sting tref steeds sekuur

2012-03-27 08:02
Tweets Share Share line Print

Op 60 het Sting niks om te bewys nie.

En so was sy Back to Bass-konsert Saterdag- en Sondagaand in die Dome in Northriding, Johannesburg – dis deel van sy wêreldtoer – ’n gestroopte ervaring. Sonder die fanfare van voorheen; sonder enige vertoon.

Maar met al die ryklik geskakeerde musikaliteit wat ’n mens van dié Britse pop-rockster in sy wit T-hempie en jeans en met die kort geknipte hare verwag.

Die verhoog was strak, maar wat die ligingenieur met wit lig vermag het, onderstreep die eenvoud en tegelyk die kompleksiteit van dié konsert.

Dit was net in die verwikkelde middeldeel van Roxanne dat bane rooi lig op die verhoog gebruik is.

Reeds sedert die ’70’s bekend as Sting (Gordon Sumner het dié naam een aand vanweë sy gestreepte swart-en-geel jekker gekry en besluit om voortaan so bekend te staan) was hy tot 1984 lid van The Police en akteur in flieks soos The Bride, Plenty en Julia and Julia.

Toe hy in 1985 as Sting sy solo-loopbaan begin vestig het, was dit as sanger aanvanklik sonder ’n baskitaar.

Dié naweek was hy terug met sy getroue (en weliswaar gehawende) baskitare – die een dateer van 1954 en die ander van 1957.

Van meet af aan was dit duidelik Sting gaan sy gehoor gee waarna dié soek: Met All This Time het hy die aand ingelui en vroeg al vervolg met ’n manjifieke weergawe van Englishman in New York.

Die Dome se klank was in die verlede al problematies. Die Sting-span het daarin geslaag om ’n ryk en gebalanseerde klank te bied wat ’n mens nie dikwels in sulke groot konserte teëkom nie.

Dis duidelik dat die lig- en klankmense ewe professioneel as die musikante is.

Die ses musikante saam met Sting op die verhoog was sy jare lange kitaarspeler Dominic Miller, dié se seun Rufus Miller (kitaar), Vinnie Colaiuta (tromme), David Sancious (klawerbord), Jo Lawry (agtergrondstem) en Peter Tickell (elektriese ­viool). Tickell se vernuf met en beheer van die viool het mateloos beïndruk.

As toegif, net toe ’n mens dink dis alles verby, word ’n voetstoeltjie op die verhoog gedra en Sting kom, akoestiese kitaar in die hand, opgestap vir Fragile. En die digter praat: “Perhaps this final act was meant / To clinch a lifetime’s argument / That nothing comes from violence and nothing ever could...”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: sting  |  konserte
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Francois Lottering sê... ek vermoed die apie is redelik verlig dat hy darm weer normale mense kan sien Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Entry Clerk

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.