Gerard Butler te koop
2010-02-08 14:12
Los Angeles – Die akteur Gerard Butler veil ‘n aand in sy geselskap op om geld in te samel vir ‘n liefdadigheidsorganisasie wat op kinders met kanker fokus.
Die ster van 300 en The Ugly Truth se opveiling is in die belang van Kids Kicking Cancer, ‘n nie-winsgewende organisasie wat krygskunste (martial arts) aanbied om jong pasiënte te bemagtig.
Aanhangers wat ‘n donasie van $20 (sowat R154) maak se name sal in ‘n trekking gaan vir ‘n aand uit saam met Butler.
Hy gee ook uitnodigings na ‘n nuwe film premiere weg asook ‘n besoek aan een van sy filmstelle.
Sterre soos Josh Hartnett, Jessica Biel, Hugh Jackman en die Jonas Brothers het ook al donasies aan Kids Kicking Cancer gemaak.
- Contactmusic