Gerard Butler soek 'n 'dom meisie'
2009-08-06 19:30
Hollywood - Die ‘Ugly Truth’ akteur, Gerard Butler, is aangetrokke tot verskillende tipes vroue en het geen idee wat hy regtig uit ‘n verhouding wil hê nie.
Hy het gesê: “Ek kan nie regtig sê waarvoor ek kyk nie want dis verskillend vir elke vrou, maar ‘n deel daarvan is intelligensie en ‘n deel is domheid.”
“Soms in my lewe voel ek ek wil nie nou ‘n slim vrou hê nie, ek soek ‘n dom vrou. Maar dan dink jy, ‘Dit werk nie, nou wil ek ‘n slim vrou hê.’ Dan kry jy ‘n slim vrou en dan dink jy, ‘Nee, dit werk nie.’ So dit frustreer my net nou.”
Die 39-jarige akteur het net gelag oor gerugte dat hy met sy mede-aktrise van ‘The Bounty’, Jennifer Aniston, uitgaan.
Hy het gesê dat hy moeg is om met allerhande mooi Hollywood meisies verbind te word.
“O, ek en Jennifer gaan trou en dan trou ek met Cameron Diaz en dan Joan Rivers en ek gaan ‘n besige man wees.”
- bangshowbiz