George Michael sterk goed aan
2011-12-20 22:55
Wene – Die Britse popster George Michael sterk goed aan in 'n hospitaal in Wene, maar dit is nog nie duidelik of hy Kersfees in Brittanje sal deurbring nie, het een van sy Oostenrykse dokters Dinsdag gesê.
"Ons weet dat hy goed aansterk en ons is optimisties," het Christoph Zielinski van Wene se Algemene Hospitaal aan ORF-radio gesê.
Op die vraag of Michael vir die vakansie kan terugkeer huis toe, het Zielinski slegs gesê dat 'n besluit nog geneem moet word.
Die 48-jarige Michael is verlede maand met erge longontsteking in die hospitaal opgeneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP