George Michael beïndruk dokters
2012-02-06 13:03
Los Angeles – Die Britse popster George Michael het dokters verbaas met sy spoedige herstel.
Dokters het aan Michael, wat in November verlede jaar met erge longontsteking in die hospitaal opgeneem is, gesê hy vorder beter as wat hulle verwag het, en George is so opgewonde dat hy al begin liedjies skryf het.
"Mense, ek is opgewonde... amper klaar met 'n ballade wat julle gaan laat dink die 80's is terug," het Michael getweet.
"Ek het met dokters gepraat voor ek weggegaan het, en hulle het gesê my herstel is vinniger as wat hulle verwag het."
Michael en sy kêrel, Fadi Fawaz, is tans met vakansie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter