Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Anton gesels oor toekomsplanne, plaasaanval

2012-04-18 08:23
Tweets Share Share line Print

Anton Goosen het 'n stukkie geluk op Gansbaai gevind, maar reken dit gaan eerder oor dinge in jouself as oor dinge rondom jou. (Foto's: Marieke Snyman)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Gansbaai – Anton Goosen, bekend as die vader van Afrikaanse rock-musiek, bly deesdae in ‘n gesellige vissershuisie op Gansbaai waar hy aan sy radioprogram werk terwyl hy stadig maar seker 'n nuwe album gereed kry.

Sy radioprogram is 'n ware musiek-fees, en in 'n enkele uitsending kan jy enigiets hoor van Adele en Lenny Kravitz tot Bob Dylan en Metallica.

“Dank die vader ek hoef geen versoeke te neem nie...” sê hy spottend.

Wanneer Anton egter begin praat, is dit duidelik dat musiek nog altyd ‘n passie was, en altyd ‘n passie sal bly.

Oor kommersiële Afrikaanse musiek het hy nie veel van ‘n opinie nie en hy reken Afrikaanse rock is nie so stewig in die saal soos in Amerika of elders nie.

“Piet Botha en die Akkedis-band is van die laaste rock 'n rollers in Suid-Afrika – soos wat rock behoort te wees.”

Hy reken die media het ‘n groot invloed in hierdie opsig.

“Vat The Tallest Man on Earth. Die meeste mense weet nie wie dit is nie. Maar [die saal] was propvol by die Conference Centre in Kaapstad en dit was propvol in Joburg. Geen radio play waarvan ek weet nie, geen koerantartikels nie, geen hype, banners en al daai tipe dinge nie. Dit was bloot word of mouth en downloads. En dit was hierdie wonderlike show. Een ou met vier kitare, ‘n stoel en ‘n mikrofoon. Dit was wonderlik, wonderlik, wonderlik.”



Dis duidelik dat Anton opkyk na Bob Dylan. Ek sal albei hande twee keer moet gebruik as ek moet tel hoeveel keer hy Dylan aanhaal.

“Dylan made it big," vertel Anton. "Vat die keer toe hy vir Townes van Zandt, ‘n folk-sanger in ‘n dorpie in Amerika, gaan besoek het. Dylan was baie into sy musiek. Maar die ou was heavy into drugs. En omdat Dylan in town was het hulle die strate toegemaak en is hy met sy limo na die ou se woonwa gevat. Daar het hulle die middag saam spandeer en het Townes vir Dylan van sy musiek gespeel totdat Dylan weer in sy limo weggeneem is...

“Niemand het nog ooit strate toegemaak omdat ek êrens was nie,” sê hy al laggend terwyl hy ‘n sigaret rook en sterk koffie drink.



Oor die rol van geld in 'n kunstenaar se sukses is Anton eweneens filosofies en realisties. Hy is nie die soort mens wat ander (ryk) mense vir goed sal vra nie, verduidelik hy. En party mense kan dit nie verstaan nie.

“Geld is ‘n magtige ding. Dylan het gesê: ‘Money doesn’t talk, it swears.’ En dis baie, baie waar. Geld is ‘n euwel. En die aanbidding daarvan... Ek weet ‘n mens moet eet en kos op die tafel hê. En die situasie van hoe hongerder jy is, hoe beter kuns pleeg jy, is ongelukkig waar. Dit gaan met baie pyn en suffering gepaard.”

Hy is nou wel nie van die mening dat jy jou oor moet afkap soos Van Gogh nie, maar dat kuns met pyn en wroeging saamgaan, glo hy tog.

“Dis die uiting van daai innerlike emosies. Kuns gaan nie kan plaasvind sonder emosies nie. Dis wat ons mense maak. Emosies.

“Het jy al Sinéad O'Connor se nuwe CD gehoor? Wonderlike album. Sinéad het genoeg woede in haar om Queen of Denmark, een van die songs op die CD, goed te kan vertolk... veral weens hierdie nuwe stormagtige huwelik van haar. Seriously heavy. In die chorus kom die woede uit. Nou sonder emosies, hoe sal mens dit kan doen? Dan sal jy klink soos die doef-doef sokkie-brigade.”



Hy raak ernstig wanneer hy praat oor die destydse aanval op hom op sy plaas langs die Hennopsrivier. Dit was 'n groot terugslag vir hom, verduidelik hy, en die hersteltydperk was lank.

“'n Mens dink jy’s oraait die dag daarna en die dag daarna en die dag daarna, maar jy is nie. Jou hele lewe is omvergewerp.  Mense het gekom en op die privaatste ding wat daar aan jou bestaan is – jy wat in jou bed lê en slaap – ingedring op die gewelddadigste manier wat daar is.”

Musiek het gehelp om die wonde te heel.

“Dit gaan oor wat jy binne voel en wat jy wil doen. In ‘n stadium het ek gedink, maar wat is daar wat ek nie reeds gedoen het nie? En nou het ek weer ‘n paar songs geskryf en dit maak nie saak wat dit is nie.”

Die radioprogram wat hy die afgelope vier jaar vir Whale Coast Radio aangebied het en die nuwe program wat hy op Maandae-aande op RSG aanbied het vir hom ook “‘n major lift gegee.”

“Dis ‘n belangstelling in musiek. Ek kon netsowel by die see gesit het en die voëltjies gevoer het, wat boring is. Hulle kan hulself voer. En dis belangrik om intellektueel gestimuleer te bly.”

Hy is ook die eerste om te erken dat dit wel nou tyd vir ‘n nuwe CD is.

“Ek is besig om aan een te werk, maar ek skryf maar baie stadig. Dit móét hierdie jaar nog klaarkom. Come what may.”



Wanneer ek vra hoe hy daaroor voel wanneer mense hom as die Vader van Afrikaanse Rock beskryf, glimlag hy net. Dit het maar so gebeur...

“Blommetjie Gedenk Aan My was rock en dit was in Afrikaans en dit was toevallig so. Dit het toevallig so uitgewerk. Ek het baie genres en style probeer. Ek dink dit is die geheim van langlewendheid. Alles kan nie Ta’Mossie gewees het nie. Ek het geglo aan ‘n balans. Om alles uit te probeer. Als het nie gewerk nie, maar sommiges het. “

Na amper 40 jaar in die bedryf wonder 'n mens of daar geluk aan die einde van alles is. Anton meen hy het geluk gevind. Nie soseer in die dinge rondom hom nie, maar in homself.

“Geluk is ‘n state of mind. Life is just a state of mind. Dit is nie my woorde nie, dit staan aan die einde van die movie Being There. Nou, ek weet dinge om jou beïnvloed jou ook – depressie beïnvloed jou, luck beïnvloed jou. Maar op ‘n gemiddelde sou ek sê, dis eerder ‘n state of mind. Hoe jy jouself instel.

“Ons het almal deur depressies gegaan en 'n mens kom daaruit deur jouself daaruit te kry. Nie met medikasie, of vriende of dit of dat nie. Dit is daai innerlike geluk wat moet terugkom.”

– Volg Anton Goosen op Twitter en Facebook.

– Volg Marieke Snyman en Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: anton goosen  |  gansbaai  |  musiek  |  bekendes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Wilhelmina Scholtz sê... Jy is siek. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.