Geheime agter Kurt Darren se troukoek
2011-01-25 11:38
Kaapstad - Mien Farrel van Devine Delights, wat Kurt en Dunay Darren se troukoek gebak het, gesels oor al die voorbereidings en uitdagings wat dié koek ingehou het.
Wie het die koek ontwerp? Was Kurt en Dunay betrokke by die ontwerp daarvan?
Dunay wou graag die kristal en roos tema van die troue herhaal in die troukoek en die ontwerp van die koek was 'n spanpoging tussen Dunay, myself en my vennoot Jenna Kearney.
Hoe is die koek gemaak? Veral die kunsmatige roosblare wat aan die buitekant was?
Die 768 roosblare is elkeen met die hand gemaak twee dae voor die troue deur Switserse sjokolade op ‘n vars roosblaar te verf en dan die blaartjie versigtig af te trek en siedaar 'n perfekte roosblaar van die beste sjokolade in die wêreld!
Watter spesifikasies of vereistes het Kurt en Dunay gehad?
Dunay en Kurt wou graag 'n groot koek hê wat genoeg sou wees vir hul gaste en dit moes 'n fokuspunt wees by die onthaal.
Watse koek was dit? Watter bestanddele was daarin?
Die koek het bestaan uit twee dele. Die een geur is 'n sjokolade Romany Cream koek wat bestaan uit lagies klam sjokolade koek met 'n romerige kondensmelk vulsel en Romany Cream koekies.
Die ander geur was 'n Roos Pistasie-neut koek wat in 'n sagte pienk gekleur is met 'n hemelse vulsel van gekapte pistasie-neute in 'n delikate roosgegeurde kondensmelkvulsel.
Hoe het dit gebeur dat julle die koek gebak het?
Ons het vir Kurt en Dunay gekontak en ons dienste aangebied. Nadat ons vir hulle 'n privaat koek proe-sessie gereël het, het Dunay ons kom sien om die ontwerp van die koek te bespreek.
Alles het baie vinnig beweeg van daar af. Deon Lak van Rollbend het die staander vir ons ontwerp en dit moes sterk genoeg wees om die massa van die reuse koek te dra. Die staander moes in 'n rekord tyd gemaak word en my buurvrou Christa Ackerman wat juwele maak het vir ons die 96 stringe kristalle gemaak. Ons was baie opgewonde om deel te kon wees van hulle groot dag!
Watter ander bekendes se troukoeke het jy al van te vore gebak?
Izak en Mericke Davel
Ronel Erasmus, die Gospel-sangeres
Paulo van EDEN
Stanton Fredericks, die Sokkerspeler
Heinke van der Merwe wat vir die Leeus rugby speel.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.