Geen wittebrood vir Zara, Mike
2011-08-03 09:03
Londen – Koningin Elizabeth II se kleindogter, Zara Phillips, sê haar en die rugbyspeler Mike Tindall se troue was ongelooflik – maar sy is teleurgesteld dat hulle te besig is om wittebrood te gaan hou.
Phillips, 'n bekroonde perderuiter, het Dinsdag weer begin werk en is besig om aan ‘n reeks ruiterklere vir kinders te werk wat binnekort bekendgestel gaan word.
Volgens die 30-jarige Phillips het sy en Tindall ‘n besige lewe en hul wittebrood moet vir eers uitgestel word.
Phillips, wat nie ‘n koninklike titel gebruik nie, is Saterdag tydens ‘n privaat seremonie in Edinburgh met Tindall in die huwelik bevestig.
Sy het aangedui dat sy haar nooiensvan gaan hou vir professionele en borgskapdoeleindes, maar in die privaat sal sy as mev. Tindall bekendstaan.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP