Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Geen Grammy-liefde vir Justin Bieber, One Direction

2012-12-07 12:06
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Ontstoke aanhangers van Justin Bieber en die sanggroep One Direction het Donderdag hul misnoeë op sosiale netwerke te kenne gegee nadat dié kunstenaars nie vir Grammy-toekennings benoem is nie.

Die Indie-groep Fun. en die kletsrymer Frank Ocean is bo-aan die lys van benoemdes, terwyl The Black Keys, Mumford & Sons, Jay-Z en Kanye West vir ses toekennings benoem is. Die Recording Academy het egter sommige van die jaar se grootste en kommersieel suksesvolste kunstenaars oor die hoof gesien met die benoemings.

Hoewel die 18-jarige Bieber in November drie Amerikaanse Musiektoekennings ingepalm het, het hy stilgebly oor sy weglating, maar sy bestuurder, Scooter Braun, was woedend.

"Die kind het goed gedoen. Groot, suksesvolle album, uitverkoopte toer en mense oorgewen. Dit is tyd dat hy erken word," het Braun in 'n reeks tweets gesê.

Verskeie van Bieber se 31 miljoen Twitter-volgers het kort daarna ook van hulle laat hoor.

Die Kanadese sanger, wat nog nooit 'n Grammy-toekenning gewen het nie, het in Junie sy album Believe vrygestel. Meer as 1,1 miljoen kopieë is reeds verkoop.

Die Britse sanggroep One Direction is ook nie benoem nie, ten spyte daarvan dat hul debuutalbum Up All Night die eerste plek op die Billboard 200-trefferlys behaal het.

Kaartjies vir die groep se vertonings regoor die wêreld was uitverkoop en hulle het vroeër vanjaar drie MTV Videomusiektoekennings gewen.

Lede van die Recording Academy stem vir die wenners en erken prestasie in 81 kategorieë.

Lady Gaga, die kletsrymer Nicki Minaj en die Suid-Koreaanse popsensasie Psy is ook nie vir die toekenning benoem nie.

Gaga het vanjaar geen nuwe musiek vrygestel nie en op haar wêreldtoer gefokus, terwyl Minaj haar album Pink Friday: Roman Reloaded vrygestel en treffers soos "Starships" opgelewer het.

Die Grammy-toekennings word tydens 'n regstreekse vertoning en seremonie op 10 Februarie in Los Angeles gehou.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Petro Doman Jordaan Nel sê... Die ou het sy rol onverbeterlik vertolk! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday City Deep - 09:14 AM
    Road name: Heidelberg Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houer Road
  • Thursday Sandton - 09:14 AM
    Road name: Katherine Street Southbound
    DELAYS between Marlboro Drive and Grayston Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.