Gay Glee-ster trou
2010-06-02 10:43
Kaapstad – Die Glee-ster Jane Lynch het Maandag met haar maat, Lara Embry, in Massachusetts getrou.
Volgens die Amerikaanse publikasie, Star, het slegs 21 gaste die troue bygewoon.
Lynch en Embry, ‘n sielkundige, het besluit om in Massachusetts te trou omdat gay-huwelike nie in Kalifornië, waar hulle woon, wettig is nie.
- Vir die volledige storie besoek IMDB.
- Volg Nuus24 op Twitter.