Gaga spandeer nag in parkering
2010-06-02 05:22
Kaapstad – Lady Gaga wat Saterdag saam met haar gevolg by die luukse Dorchester hotel in Londen ingeboek was, het verkies om eerder die nag in hul toerbus deur te bring.
Sy en haar gevolg was veronderstel om by die hotel te oornag. Nadat haar personeel ingeboek het, het sy saam met haar lyfwag teruggekeer na die toerbus, na ‘n inkopiesentrum gery en die nag daar deurgebring.
Volgens ‘n bron was dit baie snaaks omdat al Gaga se bagasie, sowat 20 gelamineerde bokse en tasse was saam met haar personeel omstreeks 03:00 by die hotel afgelaai
“Vyftien minute later, het die bestuurder en Gaga se sekuriteit op die bus geklim en weggery.”
Gaga het selfs die volgende oggend ontbyt in die bus geniet.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.