Gaga se 'slaaf' hof toe oor oortydgeld
2011-12-26 09:11
Los Angeles – 'n Voormalige assistent van die omstrede sanger Lady Gaga het in 'n hof gesê dié kunstenaar het haar soos 'n slaaf behandel.
Behalwe vir die gewone takies wat van 'n assistent verwag word, moes ene Jennifer O'Neill glo ook vir Lady Gaga handdoeke aandra ná sy gestort het.
Dié besonderhede het aan die lig gekom ná O'Neill die Mermaid Touring Company, wat deur Gaga gebruik is, hof toe gesleep het oor $380 000 (sowat R3,1 miljoen) se oortydbetaling wat glo aan haar geskuld word.
O'Neill beweer sy moes agter Gaga aanhardloop in "stadions, privaat stralers, hotelkamers, seiljagte, veerbote, treine en toerbusse."
– Lees hier meer.