Gaga in sop oor moordtoneel
2010-06-04 16:45
Kaapstad – Lady Gaga het kritiek uitgelok nadat konsertgangers gekla het oor die moordtoneel wat sy tydens haar vertoning uitgebeeld het.
Gaga is gekritiseer oor dié moordtoneel slegs ‘n paar uur nadat Derrick Bird twaalf mense in Cumbria, Engeland, doodgeskiet het.
Volgens konsertgangers kon die toneel dalk deel van die vertoning gewees het, maar sy moes dit dalk bietjie verander het omdat die moorde nog te vars in almal se geheue was.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.