Gabor se man wil haar liggaam laat preserveer
2010-09-03 02:35
Kaapstad – Zsa Zsa Gabor se man sê wanneer die 93-jarige aktrise sterf wil hy haar liggaam laat preserveer, het die Bild koerant Donderdag berig.
“My vrou het nog altyd daarvan gedroom dat haar skoonheid onverganklik sal wees. Ek sal haar liggaam dan in die konteks van een van haar rolprente plaas,” het Frederic von Anhalt gesê.
Volgens Von Anhalt moet die Duitse ontleedkundige, Gunther von Hagens die prosedure uitvoer, ná sy kontroversiële uitstallings waar hy gepreserveerde liggame met net spiere en senings uitgebeeld het.
Gabor wie reeds vantevore verskeie kere gehospitaliseerd is, is hierdie week weer in die hospitaal opgeneem nadat von Anhalt haar bewusteloos gevind het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP