Gaan Pitt en Jolie regtig dié keer trou?
2011-07-14 15:56
Los Angeles – Die tydskrif US Weekly het berig dat Angelina Jolie en Brad Pitt uiteindelik voor die kansel gaan staan.
Volgens dié tydskrif sal die paartjie in Frankryk, die plek waar hul tweeling, Knox en Vivienne, in 2008 gebore is, aan mekaar trou beloof.
Gerugte dat Jolie en Pitt gaan trou doen elke paar maande die ronde sedert hulle dogter, Shiloh, in 2006 gebore is.
Daar is vroeër selfs oor die bestemmings waar dié twee sou trou bespiegel. Namibië, Suid-Afrika, Seychelles, New Orleans en Indië al as moontlikhede genoem.
US Weekly beweer egter dat drie verskillende bronne die nuus dié keer bevestig het en dat Pitt en Jolie binne die volgende paar maande sal trou.
Volgens die Daily Mail het die paartjie nog nie op die gerugte kommentaar gelewer nie.
Pitt en Jolie het ses kinders saam.
– Times Live.
– Volg Nuus24 op Twitter.