Friends-ster terug op die kassie
2010-07-31 22:50
Los Angeles – Matt LeBlanc is op pad terug na die kassie nadat hy vir sowat vier jaar lank afwesig was.
LeBlanc, alombekend vir sy rol as die loskop Joey van Friends, sal ‘n soortgelyke rol aanpak in sy nuutste televisiereeks.
Die nuutste program, Episodes, het die uitdagende taak gebied om ‘n gewilde Britse reeks om te skakel vir Amerikaanse gehore.
Le Blanc sal die hoofrol van ‘n hokkie-afrigter in die reeks vertolk.
Episodes verwelkom LeBlanc terug nadat hy vir sowat tien jaar lank die skreeusnaakse karakter Joey op Friends vertolk het.
“Ek het dadelik ingestem en het baie vertroue in die skrywers,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters