Friends-ster min geskeel oor bekgeveg
2010-08-19 16:01
Los Angeles - Jennifer Aniston sê sy is nie bang om ‘n ding te sê soos sy dit sien nie, ondanks haar huidige bekgeveg met ‘n nuusaanbieder oor enkellopende vroue wat kinders kry, berig Sky News.
Die konserwatiewe Fox News-aanbieder Bill O’Reilly het gal gebraak oor Aniston se onlangse opmerkings dat “vroue al meer besef hulle hoef nie met ‘n man nes te skop net sodat hulle ‘n kind kan kry nie”.
O’Reilly het gesê dié woorde dra by tot die “verwoesting van die samelewing”.
Aniston se nuutste fliek, The Switch, handel oor ‘n soortgelyke tema. Die voormalige Friends-aktrise speel ‘n vrou wat besluit om deur middel van kunsmatige inseminasie swanger te word.
Die 41-jarige Aniston het gesê dit help nie sy bekommer haar te veel oor wat die media dink nie.