Freshlyground laat hul vir MIV toets

2010-05-05 10:24
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius, Die Burger

Kaapstad

Hoe meer mense weet wat hul MIV-status is, hoe beter is dit vir die MIV-situasie in die land.

Met dié boodskap het die lede van die Suid-Afrikaanse musiekgroep Freshlyground hulle gister vir die MI-virus by die Desmond Tutu-stigting se mobiele Tutu Tester laat toets.

Die Tutu Tester, wat die afgelope twee jaar meer as 15 000 mense getoets het, het gister langs die Houtbaai-polisiestasie stelling ingeneem om die gemeenskap te bedien.

Die diens, waar mense ook vir diabetes, bloeddruk en tuberkulose getoets kan word, is gratis.

Dit was die tweede keer dat Freshlyground se lede by die Tutu Tester getoets word nadat hulle in 2008 by die bekendstelling betrokke was.

Volgens Simon Attwell (fluit) voel die groep dit is ’n goeie tyd om hulself opnuut tot die openbare MIV-toets te verbind.

“Dit is baie belangrik dat mense hulself laat toets omdat daar so ’n stigma rondom MIV bestaan.

“Meer openbare figure moet hulself laat toets om die boodskap uit te kry,” het Kyla-Rose Smith (viool) gesê.

Attwell het gesê die feit dat pres. Jacob Zuma onlangs sy status bekend gemaak het, is ’n indrukwekkende begin tot die veldtog om mense meer bewus te maak.

“Ons wil nie net die mense daar buite bewus maak nie, maar ook ander invloedryke mense wat ook ’n voorbeeld kan wees.”

Attwell meen die uitslag van jou MIV-toets bepaal jou optrede. “Om te weet wat jou status is, is die enigste manier om die probleem aan te spreek.

“Dit is beter om te weet as om nie te weet nie.”

Intussen het die groep pas hul nuutste album, Radio Africa, waaraan hulle in Amerika gewerk het, bekend gestel.

Die groep het ook saam die internasionale ster Shakira die liedjie “Waka Waka (This Time for Africa)” vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi opgeneem.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.