Freshly Ground se sanger op Idols
2010-03-24 09:47
Kaapstad – Zolani Mahola, voorsanger van die gewilde Kaapse groep, Freshly Ground, sal die vierde beoordelaar wees vir Idols se oudisies in Kaapstad.
Dié aankondiging kom kort na die bekendmaking dat Khan Morbee van The Parlotones as een van die beoordelaars in Johannesburg gaan optree.
Morbee sal saam met Gareth Cliff, Mara Louw en Randall Abrahams die Johannesburgse deelnemers beoordeel.
Suid-Afrikaners blyk heel opgewonde te wees oor Zolani se benoeming as beoordelaar en het reeds vir haar begin sing toe sy nou die dag op KFM was vir ‘n onderhoud.
Kliek hier vir die volledige storie.