Francois van Coke in Afrikaanse vampier-fliek
2011-02-23 09:10
Kaapstad - Francois van Coke van die groep Van Coke Kartel gaan in die film Bloedsuier speel.
Sarie berig dié rolprent handel oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in Suid-Afrika ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.
Die rolverdeling bestaan onder andere uit Van Coke, Inge Beckmann, Rob van Vuuren, beter bekend as Twakkie, en die veteraan-akteur Andre Roothman.
Bloedsuier is glad nie ’n Afrikaanse weergawe van Twilight nie en is beslis nie vir sensitiewe kykers nie.
- Vir die volledige storie besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.